Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "'n Bang Gedig" deur CHARL DURAND
"'n Bang Gedig" deur CHARL DURAND [boodskap #54099] Do, 29 November 2001 01:54 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

'N BANG GEDIG
Charl Durand

wonder of ek sal doodgaan
voor my tyd
engele dans
in die somer onder die blomkersies
spoke vra vrae

ek wonder wie tred hou met ons
ek wonder wie die spel dophou
ek het 'n klein nagmerrie
speel met die sonskyn
lees bybel

almal word al kleiner
saans as ek alleen is
soms skree die antwoordmasjien
soms is ek hier vir geld
soms alleen

water kring om my
in die middel van die heelal kring ek uit
in die graf lê sy
om my krimp die wereld ineen
'n yl gesprek, yl

teken vir my bestaan
sonder 'n hemel en volgende week
lank na 'n kranige fees
vir ons almal oor is
en ek terugloop

so hoor, daar's stilte
verskillende soorte, mooi en bang
en ek wat sit en luister
grootoog en verbouereerd
soos 'n kind
Re: "'n Bang Gedig" deur CHARL DURAND [boodskap #54110 is 'n antwoord op boodskap #54099] Do, 29 November 2001 07:44 Na vorige boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> 'N BANG GEDIG
> Charl Durand
>
> wonder of ek sal doodgaan
> voor my tyd
> engele dans
> in die somer onder die blomkersies
> spoke vra vrae
>
> ek wonder wie tred hou met ons
> ek wonder wie die spel dophou
> ek het 'n klein nagmerrie
> speel met die sonskyn
> lees bybel
>
> almal word al kleiner
> saans as ek alleen is
> soms skree die antwoordmasjien
> soms is ek hier vir geld
> soms alleen
>
> water kring om my
> in die middel van die heelal kring ek uit
> in die graf l?sy
> om my krimp die wereld ineen
> 'n yl gesprek, yl
>
> teken vir my bestaan
> sonder 'n hemel en volgende week
> lank na 'n kranige fees
> vir ons almal oor is
> en ek terugloop
>
> so hoor, daar's stilte
> verskillende soorte, mooi en bang
> en ek wat sit en luister
> grootoog en verbouereerd
> soos 'n kind

Hoera!
Hoera!
Die skare juig!!

Mens kan dit net soveel keer sê...hy mag maar.
Vorige onderwerp: "Gunship Blues" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Jeremia" deur ELMARIE OTTO
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 18:45:50 MGT 2024